Monday 25 April 2016

Semolina-blommetjiekoekies




Semolina-blommetjiekoekies
’n Soetigheid om saam met koffie te geniet.
Genoeg vir: sowat 45 koekies...
Bereidingstyd: 45 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 15–20 minute

• 200 g botter, koud, in blokkies gesny
• 70 ml strooisuiker
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 160 g (250 ml) semolina
• 2 ml sout
• 60 ml melk
• strooisuiker
1. Klits die botter en strooisuiker saam tot lig en donsig.
2. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die bottermengsel. Meng en knie dit in die bottermengsel in. Voeg die melk bietjie vir bietjie by om ’n sagte, hanteerbare deeg te verkry wat uitgerol kan word.
3. Rol die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot sowat 5 mm dik. Druk die deeg uit met ’n koekiedrukker en prik die koekies met ’n vurk.
4. Pak die koekies op gesmeerde bakplate en bak dit vir sowat 15–20 minute in ’n voorverhitte oond tot gaar. Laat die koekies afkoel en sprinkel strooisuiker oor. Indien verkies kan jy die koekies twee-twee aanmekaar vassit met versiersel.