Tuesday 12 April 2016

PIESANG MELKTERT




PIESANG MELKTERT

KORS:
- 2 k koekmeel
- 5 e botter...
- 2 t bakpoeier
- knypie sout
- 1 t suiker

- 2 eiers om mee aan te maak

1.   Sif meel, sout, suiker en bakpoeier saam.
2.   Vryf die botter daarby in.
3.   Maak aan met die geklitste eiers tot 'n deeg wat maklik drup.
4.   Voer 'n tertbord met die deeg uit. Plaas waspapier bo--oor en gooi droë bone op die waspapier om te verhoed dat die kors te hoog oprys.
5.   Bak in 'n oond van 200°C. Sodra die kors begin bruin word, haal die waspapier en bone uit en bak verder tot egalig bruin.

VULSEL:
- 4 k melk
- 113 g (4 onse) botter
- 8 desertlepels koekmeel
- geel van 4 eiers
- 1 k suiker
- 2 t vanieljegeursel
- 1/8 t sout
- 8 piesangs
- suurlemoensap

1.   Gebruik 'n bietjie van die melk en maak die meel, suiker en sout tot 'n pasta aan. Kook die res van die melk en voeg die pasta by die kokende melk. Kook 'n paar minute en roer voortdurend.
2.   Voeg 'n bietjie van die warm mengsel by die geklitste eiergele en roer dan by die res van die mengsel. Laat opkook en verwyder dit dan van die warm stoofplaat. Voeg die botter en geursel by.
3.   Bedruip die piesangskyfies met 'n bietjie suurlemoensap. Pak die skyfies bo-op die kors en skep dan die warm mengsel bo-oor.
4.   Laat afkoel voor bediening.