Tuesday 12 April 2016

Vinnige Groente Vleis Sop





Vinnige Groente Vleis Sop

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute...

• 30 ml botter
• 4 preie, fyn opgesny
• 4 wortels, geskil en dun opgesny of gerasper


• 2 aartappels, geskil en in blokkies gesny of gerasper
• 1,25 liter goeie, warm beesvleisaftreksel
• 300 ml bevrore ertjies
• 400 g bolendeskyf (‘porterhouse steak’)
• 30 ml meel

1. Verhit die botter in ’n groot kastrol en braai die preie vir drie minute. Voeg die wortels en aartappels by en soteer vir nog drie minute. Voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 20 minute of tot die groente gaar is. Voeg die ertjies by en laat prut vir ’n minuut.

2. Terwyl die sop prut, geur die steak en braai dit vir omtrent vier minute aan ’n kant in ’n baie warm pan. Haal uit die pan, sit vir ’n paar minute eenkant om te rus, en sny dit dan in dun skyfies.

3. Skep omtrent 400 ml van die sop uit en pols tot glad. Meng die meel met ’n bietjie water tot ’n pasta en roer by die gladde sopmengsel. Gooi terug in die kastrol, verhit tot kookpunt en roer die heeltyd tot effens verdik. Geur na smaak. Voeg die vleis by die sop wanneer jy gereed is. Roer tot deurwarm.


- Idees resepte