Tuesday 12 April 2016

Boston Broodjie




Boston Broodjie

½ k Bruinbrood of Nutty Wheat meel
½ k Mielie meel
½ k Rogmeel
½ t Koeksoda
½ t Bakpoeier
¼ t Sout
1/3 k Molasse
½ k Melk
½ k Rosyne of enige gedroogde bessies

Metode:
1. Voor verhit die oond na 160℃ en berei 'n broodpan van 23cm lengte voor.

2. Meng die drie meelsoorte saam, sout, koeksoda, bakpoeier saam en sif goed. Voeg die rosyne by.

3. Meng die melk en molasse en voeg by die meelmengsel. Meng net totdat die deeg goed gemeng maarn nie oormeng is.

4. Bedek die broodjie met foelie of bak dit in ‘n potjie met ‘n deksel. Die idee is dat die broodjie gaar stoom. Dus moet die foelie met ‘n toutjie vasgebind word om ‘n digte seel te vorm.

5. Bak dan die broodjie in ‘n bain marie of ‘n oondpan gevul met kookwater. Hierdie broodjie bak dan vir ongeveer 2 ure lank in die stoombad. Maak seker dat jy elke half uur die water vlakke aanvul met kokende ketel water.

6. Verwyder uit die oond en maak die broodjie oop. Moenie die broodjie dadelik ontvorm nie. Laat dit vir 1 uur lank in die pan afkoel voordat dit uitgekeer word.

Bron: Annelien Pienaar