Friday, 22 April 2016

Peppermint Crisp-tert




Peppermint Crisp-tert
Dié resep van Zita Pretorius sorg vir ’n soet happie ná ete.
Bestanddele:
• 200 g (1 pak) Tennisbeskuitjies
• 250 ml Room
• 360 g (1 blik) Karamelkondensmelk
• 1 groot Peppermint Crisp-sjokolade
Metode:
Stap 1: Pak laag Tennisbeskuitjies op die bodem van tertbak.
Stap 2: Klits room styf en roer kondensmelk by.
Stap 3: Rasper 2/3 van sjokolade by kondensmelk-mengsel.
Stap 4: Smeer dun lagie kondensmelk-mengsel op koekielaag.
Stap 5: Herhaal lae tot bestanddele op is. Eindig met laag kondensmelkmengsel.
Opdieningsvoorstel: Bedien saam met koffie en tee.

No comments:

Post a Comment