Kaas-en-uie-potbrood
Hier is die resep vir Zita Pretorius se smullekker-potbroodjie.
Bestanddele:
- 500 g Bruismeel
- 500 ml Karringmelk
- 100 ml Melk (om die karringmelk-houer mee te spoel)
- 200 g Ryp Cheddarkaas
- 2 Pakkies wituiesoppoeier
- 2 Uie
- 1 Rooi soetrissie
- Sout en Peper na smaak
- Basiliekruid
- Tiemie
Stap 1: Smeer ’n gietyster-broodpan met botter.
Stap 2: Sny kaas in blokkies.
Stap 3: Sny uie en soetrissie in blokkies en soteer (sauté) in botter tot sag en uie deurskynend.
Stap 4: Meng meel, karringmelk met melk, kaas, ui en soetrissie-mengsel en soppoeier saam.
Stap 5: Plaas mengsel in die broodpan.
Stap 6: Plaas 8 tot 10 medium warm brikette rondom broodpan en 3 tot 5 brikette bo-op die deksel.
Opdieningsvoorstel: Geniet saam met ’n heerlike biefstuk-gereg