Thursday 7 April 2016

Harissa eiers




Harissa eiers
(Bedien 2)

½ k (125 ml) olyfolie
1 e (15 ml) harissa pasta
1 knoffelhuisie, grof gekap
5 vars tiemietakkies
1 e (15 ml) suurlemoensap
Sout en swartpeper na smaak
4 Engelse muffins of snye brood
4 eiers
½ k (125 ml) gerasperde Mozzarellakaas

Meng die olyfolie, harissa, knoffel, suurlemoensap en tiemie in ‘n mengbak saam en geur goed met sout en swartpeper. Verhit die roosterelement van die oond tot baie warm. Sny die Engelse muffins middeldeur of smeer twee snytjies brood elk met ‘n bietjie van die harissa-mengsel. Plaas op ‘n bakplaat in die oond en rooster tot die kante effens begin verkleur. Verwyder uit die oond en hou eenkant. Verhit ‘n braaipan met 1e harissa-mengsel tot matige hitte. Braai die eiers tot gaar na jou voorkeur. Plaas ‘n eier op elke Engelse muffin helfte of snytjie brood en sprinkel kaas bo-oor. Plaas terug in die oond en rooster tot die kaas gesmelt is. Bedien warm.