Tuesday 5 April 2016

PANNEKOEK




PANNEKOEK
2 Kop Bruismeel
4 Eiers
1/2 kop Olie
2 Kop water (ongeveer hang af hoe dik jy die deeg wil he)
1/4 teel sout
METODE:
Meng die bestandele goed saam tot gladde loperige beslag
Olie jou pan en verhit (gooi oortollige olie af wanneer warm)
Gooi dun straaltjie terwyl jy die pan beweeg vir die beslag om die pan vol te loop (nie dik nie)
Wanneer hy "borrels" aan die bo-kant maak en loskom aan die kant draai om en bak die ander kant
Sit in bord wat met kaneelsuiker gestrooi is - smeer klein bietjie botter en gooi kaneelsuiker oor die pannekoek
Rol op
Bedien warm
PANNEKOEK VULSEL
Grondboontjiebotter
Heuning
Gesnyde Piesangs
Bak pannekoek
Smeer een helfte met grondboontjiebotter
Smeer heuning bo-oor
Sny piesang in skyfies oor die heuning
Vou die anderkant oor en versier met dun straaltjie heuning & room
Lyk pragtig en is heerlik
(Henriette Wessels)
 
OF
 
SAMPIOENVULSEL VIR PANNEKOEK
250 g gemaalde beesvleis
15 ml kookolie ( 3 t )
125 ml salotte, in dun skywe gesny ( 1/ 2 k )
125 ml vars sampioene, in dun skywe gesny ( 1/ 2 k )
50 ml seldery, fyn gekap ( 4 E )
10 ml mielieblom ( 2 t )
5 ml suiker ( 1 t )
2 ml sout
15 ml droë sjerrie ( 3 t )
10 ml sojasous ( 2 t )
METODE
Braai vleis tot dit verkleur in verhiie kookolie.
Voeg salotte, sampioene en seldery by.