Tuesday 5 April 2016

Gegeurde botter



Gegeurde botter

Gegeurde botter met avokado-olie

Bestanddele

Smeerbare botter
250 g (250 ml) sagte botter
150 ml avokado-olie

Metode
Smeerbare botter
1. Maak die botter sag, maar nie in ’n mikrogolfoond nie, want dan skei dit te maklik.
2. Klits die olie en botter met ’n draadklitser tot ’n gladde mengsel vorm en skep in botterbakkie, of vorm die botter in ’n rolletjie en rol in kleefplastiek en dan in foelie toe. Hou in die yskas of vries, as jy skyfies botter wil sny.
Gegeurde botter
Gebruik 125 ml van die smeerbare botter en meng enige van die volgende kombinasies daarby in OF
meng 75 ml gegeurde avokdo-olie van jou keuse met 125 g (125 ml) sagte botter en voeg dan enige van die geurmiddels by:
Suurlemoen-kruiebotter (Gebruik suurlemoen-gegeurde avokado-olie)
5 ml (1 t) fyngerasperde suurlemoenskil
25 ml (5 t) gekapte vars kruie, bv tiemie, origanum, Italiaanse pietersielie, dille, basiliekruid of koljanderblare of ’n mengsel van kruie, afhangend waarvoor dit gebruik gaan word
varsgemaalde swartpeper na smaak
Knoffel-pietersieliebotter (Gebruik knoffelgegeurde avokado-olie)
1 klein knoffelhuisie, fyn gedruk
25 ml gekapte vars Italiaanse of gewone pietersielie
varsgemaalde swartpeper na smaak
Ander opsies:
- Meng enige kruie van jou keuse by die smeerbare botter
- Voeg 6-8 gekapte Peppadews of songedroogde tamaties by
- 15 ml (1 e) fyngerasperde gemmer
- 50 ml dukkah
(RSG)





TUISGEMAAKTE BOTTER
1 liter Room
5 ml Sout
Yskoue water met ekstra ys op die kant

METODE
1. Klits die room met ‘n elektriese klitser totdat die room begin skif. Die room word eers mooi wit en skuimerig en dan oorklits jy dit nog verder om dan die geel deeltjies te kry. Jy sal sien die karringmelk is waterig dun en die botter gedeeltes dryf daarin.

2. Hou aan klits totdat dit ‘n massa word. Werk so koud as moontlik.

3. Gooi die mengsel in ‘n kolander wat met kaasdoek of dun materiaal uitgevoer is om al die dele op te vang. Moenie die water gedeelte wat dreineer weg gooi nie, dit is regte egte karringmelk (die goed wat jy in die winkel koop as karringmelk is nie die ware Jakob nie. Die kultuur wat ingegooi word is Amasi!).

4. Bind die bene by mekaar en dompel die bondel in die yswater. Dompel so 5 keer en druk die sakke teen mekaar sodat die deeltjies aan mekaar kan klou. Maak die sakkie oop en brei die botter soos klei in die yswater. Ek stel voor gebruik plastiek handskoene want jou hande pyn. Jy moet so aan hou was totdat die water mooi helder is en al die karringmelk uit gewas is.

NB: As jy nie goed was nie gaan jou botter baie gou afgaan en vrot ruik as gevolg van die karringmelk wat vasgevang is.

5. Plaas die botter in die sakkie terug en hang op om goed te dreineer. Na 2 ure knie die sout in die botter in. As jy ongesoute botter wil hê slaan hierdie stap oor. As jy baie botter maak, dit vries goed.

DILL EN SUURLEMOEN BOTTER ROL
500 g Botter - kamer temperatuur
3 e Dill tippies - gedroog
1 e Suurlemoenskil - gerasper
2 e Suurlemoensap
knypie Growwe peper (twee vingers)

METODE
1. Plaas al die bestanddele in voedsel verwerker of gebruik elektriese klitser en meng totdat die sap goed ingewerk is.


      
2. Berei waspapier voor en sit op werksoppervlakte. Skep helfte van die botter in die papier en vou die papier oor. Nou het jy ‘n worsie, druk die botter styf teen die kant was en rol op sodat jy die dikte kry wat jy wil hê. 'n R5 grootte is mooi om op vars gebakte vis te sit. Draai die kante van die wors styf op en rol weer om mooi rond te kry. Plaas op koue bakplaat en sit terug in yskas om styf te word.

3. Sodra styf, maak oop en rol in ekstra dill of gedroogde suurlemoenskil of swartpeper om die hele rolletjie te bedek. Bind mooi toe in nuwe waspapier en versier.



RAAK KREATIEF MET JOU EIE GEUR KOMBINASIES
Gebruik die resep wat ek gegee het vir die suurlemoen botter en hou die vloeistof mates dieselfde. Dus as jy ‘n rooiwyn botter wil maak vervang dan net die suurlemoensap met rooiwyn. Dit sal nie ‘n waterige mengsel word nie.


Aangeheg is paar idees van soet en sout kombinasies vir die gegeurde botter.
Ek maak ‘n heerlike pekan en kaneel met rum essence vir my gesondheids muffins.
Hoop julle raak sommer lekker kreatief met julle geskenk idees!

HOEVEELHEID: 500 g.

BRON: Annelien Pienaar



Italiaanse botter
Meng 250 g botter, in blokkies gesny
60 ml (4 e) sondroëtamaties
2 knoffelhuisies, fyn gekap
’n groot hand vol elk van die volgende: orego, marjolein en basiliekruidblare
gerasperde skil van 1 suur-lemoen
sout en swartpeper na smaak.
1 Verwerk alles saam in ’n voedselverwerker.

Oosters-gegeurde botter
(Hierdie Thai-geïnspireerde botter is heerlik saam met vis of mossels.)
Meng 250 g botterblokkies
30 ml (2 e) vars gerasperde gemmer
5 ml (1 t) gekapte brandrissie
45 ml (3 e) gevlokte amandels, liggies gerooster
3 stokkies fyn gekapte lemoengras (lemon grass)
1 fyn gekapte knoffelhuisie
’n groot hand vol pietersielie en koljander
gerasperde skil van 2 lemmetjies
sout en gemaalde swartpeper na smaak.
1 Verwerk in ’n voedselverwerker.

Ansjovis-en-roosmaryn-botter
Meng 250 g botterblokkies
8 ansjovisfilette
8 roosmaryntakkies (die sagte blaartjies)
5 ml (1 t) heuning
2 fyn gekapte knoffelhuisies
’n groot hand vol elk pietersielie en tiemie
gerasperde skil van 1 lemoen
sout en swartpeper.
1 Verwerk in ’n voedselverwerker.
2 Braai steak of tjops in die geurige botter of vryf dit oor ’n lambsboud of  heel hoender voor jy dit in die oond rooster.
3 Sit skyfies van die botter op die steak soos kruisstuk sodra dit van die kole af kom