Wednesday 6 April 2016

Oorskiet paptert




Oorskiet paptert
(Bedien 6 – 8 persone)

1 e (15 ml) olie
1 e (15 ml) botter
1 ui, fyn gekap
Knoffelhuisie, fyn gekap
1 t (5 ml) vars tiemieblaartjies
3 k (750 ml) water
½ t (2.5ml) sout
1 k (250 ml) polenta

Bo-laag:
Gekerfde oorskiet vleis soos hoender, kalkoen, varkvleis, wors
Gekapte songedroogde tamaties
Gekaramelliseerde uie
Skeppies roomkaas
Roketblare

  • Spuit ‘n 28 cm losboom tertpan met kleefwerende sproei.
  • Verhit ‘n kastrol met olie en botter en braai die ui, knoffel en tiemie vir 5 – 8 minute tot sag.
  • Giet die water by en bring tot kookpunt.
  • Klits die sout en polenta by en verlaag die temperatuur.
  • Roer aanhoudend en prut vir 10-12 minute tot gaar.
  • Skep die gaar polenta in die losboompan en gebruik die agterkant van ‘n lepel om die oppervlak gelyk te maak.
  • Laat effen afkoel en plaas vir ± 30 minute in die yskas.

Om te bedien:
Die paptert kan teen kamertemperatuur bedien word of vir 15 – 20 minute teen 160°C in die oond verhit word. Kies 3 of 4 bo-laag bestanddele en rangskik bo-op die polenta. Sny in skywe.