Thursday 28 April 2016

ONTBYTKOEK



ONTBYTKOEK
’n Heerlike alles-in-een-ontbyt!
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min....
Gaarmaak: 30 min.

300 g spekvleis, in blokkies gesny
6 eiers
310 ml (1¼ k) melk
sout en peper
1 witbrood, geskeur
300 g cheddarkaas, gerasper
’n hand vol pietersielie, fyn gekap
METODE
Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n veerkoekpan.
Verhit ’n groot kleefbestande pan oor hoë hitte. Voeg die spekvleis by en braai tot effens verbruin. Haal uit die pan en sit eenkant op ’n bord.
Klits die eiers, melk, sout en peper in ’n bak. Plaas die brood in ’n bak. Gooi die eiermengsel, 200 g kaas en spekvleis in.
Vryf die eier in die brood in. Plaas vir minstens 30 min. of oornag in die kombuis.
Giet die broodmengsel in die koekpan, druk af om saam te pers en strooi die oorblywende kaas oor.
Bak 30 min. of tot ’n bietjie borrelrig en goudkleurig bo-op.
Laat rus 5 min. voor jy dit uit die pan haal; sny in skywe om voor te sit.