Tuesday, 26 April 2016

MONTE CARLO 'S




Petro van Genderen

MONTE CARLO 'S
140g botter
125 ml strooi suiker

60 ml melk
350 ml bruismeel
60 ml vlapoeier

80 ml Klapper
VULSEL
75 g botter
160 ml versiersuiker
10 ml melk
80 ml aarbeikonfyt
Voorverhit die oond tot 180 C.
Klomp die botter en suiker saam tot lig en romerig
Voeg die melk by en meng goed .
Sif meel en vlapoeier saam en voeg dit saam met die klapper by die botter mengsel en meng goed om n sagte deeg te vorm .
Druk vorm met n koekiedrukker
uit en plaas dit op n gesmeerde bakplaat .
Bak vir 15-20 minute . Laat afkoel.
VULSEL
Klop botter en versiersuiker tot lig en romerig . Voeg melk by en meng goed .
Skep n bietjie konfyt op een koekie en n bietjie vulsel op die ander helfte en plak op mekaar .

No comments:

Post a Comment