’n Bordjie sout vir Hannon
|
Bestanddele
Souttertkors vir doppies
- 500 ml Cheddarkaas (fyn gerasper)
- 125 g botter (koud)
- 250 ml meel
- 2,5 ml rooipeper
Souttertvulsel (apart gebak)
- 500 ml melk (volroommelk, warm gemaak)
- 50 ml koekmeel
- 50 ml botter
- sout
- peper
- 180 g spek (fyn gesny)
- 30 ml ui (fyngekap)
- 3 eiers
- 1 eiergeel (ekstra)
- 330 ml Cheddarkaas (sterk gegeur, gerasper)
- 3 Weense worsies (jy kan ook ham gebruik)
- 10 ml pietersielie (fyngekap)
- sout
- peper
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: Tertjies (of een groot tert)
Instruksies
Souttertkors
- Voorverhit oond teen 180°C.
- Sif meel, sout en rooipeper saam. Rasper botter in en voeg gerasperde kaas by.
- Meng deurmekaar. Voer die holtes van ’n 12-holte ‘patty pan’ of mini-muffinpannetjie uit met die deeg (daar kan dalk deeg oorbly).
- Bak die doppies leeg tot goudbruin en gaar.
Souttertvulsel
- Maak die witsous: in ’n kastrol van mediumgrootte, smelt die botter, voeg die meelblom bly en roer. Voeg die warm melk by en roer tot dit klontvry is en die witsous gaar is.
- In ’n pannetjie, braai die spek en die uie tot gaar. Roer dit saam met die res van die vulselbestanddele by die witsous in.
- Skep die mengsel in ’n gesmeerde medium-oondbak (16 cm x 25 cm) en bak by 180°C tot gaar en gestol, sowat 35-40 minute. Koel af.
Garnering
- Druk of sny fatsoene uit die souttert en plaas op die doppies. Versier met mikrokruie of ertjielote uit die tuin.