Friday 15 April 2016

Herman se sjokoladekoek met ganache




Herman se sjokoladekoek met ganache

Benodighede 
KOEK
  • 600 g (710 ml) suiker
  • 195 g (210 ml) botter
  • 70 g (175 ml) kakaopoeier
  • 410 ml water
  • 420 g (750 ml) koekmeel
  • 10 ml koeksoda
  • 10 ml bakpoeier
  • 3 eiers
  • 190 ml karringmelk
  • 200 g (250 ml) witsuiker
  • 250 ml water
GANACHE
  • 650 g sjokolade van goeie gehalte, fyngekap
  • 500 ml room

Metode

  • Verhit oond tot 160 °C.
  • Plaas suiker, kakao, botter en water in middelslag-pot en bring tot kookpunt.
  • Sif meel, koeksoda, bakpoeier en suiker saam.
  • Meng eiers en karringmelk.
  • Voeg botter en karringmelkmengsel by droë bestanddele en meng goed.
  • Spuit ringkoek-pan met volume van 2 ℓ met kleefwerende kossproei.
  • Gooi beslag in pan en bak vir 40 – 45 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  • Laat afkoel vir 10 minute en keer uit op afkoelrak.
  • Bring suiker en water tot kookpunt en laat afkoel.

Stap vir stap

  1. Plaas koek op bord of plank en gooi suikerstroop oor in ’n dun, eweredige straal. Laat koek heeltemal afkoel.
stap 1 koek

2.  Plaas fyngekapte sjokolade in skoon mengbak. Bring room tot kookpunt en gooi oor sjokolade. Roer met ’n rubber-deegskraper tot gladde mengsel.

stap 2 koek

3.  Gooi mengsel deur skoon sif. Die sif haal alle moontlike lugborrels in die mengsel uit.

stap 3 koek

4.  Plaas afgekoelde koek op afkoelrak wat op ’n bakplaat staan. Gooi sjokolademengsel in een vinnige beweging oor die koek. Maak seker die hele koek is bedek. Skraap sjokolade wat in bakplaat lê op en herhaal proses nog twee keer.

stap 4 koek

SIT VOOR
Sodra die ganache gestol het, lig dit versigtig met ’n slaplemmes van die rakkie af en plaas op ’n opdienbord. Rol vars kersies in versiersuiker en sit bo-op. Sit voor.
WENK
Jy kan die sjokoladekoek tot 2 maande vries omdat daar baie vog in is. Bedek met
ganache en plaas in yskas om te stol. Bêre dan in ’n lugdigte houer in jou vrieskas.
Ontdooi dit oornag