Tuesday 26 April 2016

Koekedoor: Swartbordkoek



Koekedoor: Swartbordkoek ’n nuwe tendens

In die tweede episode van Koekedoor is die sirkus in die dorp en ons word teruggeneem na die speelplekke van ons kinderdae deur herinneringe van die pretpark. Die beoordelaar Mari-Louis Guy het ons meer vertel van haar swartbordkoek.
Tydens die fyngebak-uitdaging moes die Koekedore haar “mallemeule-koek” naboots, waarvan ’n gedeelte uit ’n swartbordkoek bestaan – ’n fopkoek wat met swart fondant oorgetrek is en op geskryf kan word met kunsmatige bordkryt.
Tannie Elizabeth het die Koekedore daaraan herinner dat sekere bestanddele vroeër jare absoluut onverkrygbaar was. Dit was byvoorbeeld onmoontlik om met swart te eksperimenteer in gebak, maar volgens Mari-Louis is daar deesdae vernuwing in gebak.
Vir haar is swart deesdae ’n baie belangrike kleur, juis omdat dit nooit in koeke na vore gebring kon word nie.
“Nóú, danksy


































Rolkem, kan jy pikswart koeke bak – die sterkste kleur wat jy voorheen nooit kon kry nie…
“Die swartbordkoeke is vir my wonderlik op die oomblik, want dit is so kinderlik en prettig,” sê sy.
“Jy neem jou suikerpasta vir die fondant en jy meng swart kleursel by dit in. Dan voeg jy ’n bietjie Quick Dry by jou kleursel en meng dit goed saam.”
Volgens haar verdamp die Quick Dry heeltemal, en jou pasta verdroog.


































“Trek jou koek daarmee oor, vryf ’n bietjie mielieblom oor dit en jy het basies ’n swartbord – natuurlik sonder daardie aaklige effek wat jy kry as jy oor dit krap,” vertel sy giggelend.
Verder sê sy dat die kunsmatige bordkryt uit gewone “candy melts” bestaan, ’n produk wat in ’n verskeidenheid kleure voorkom.
“Candy melts is ’n baie ou produk wat deesdae baie in Suid-Afrika gebruik word. Dit is basies versterkte witsjokolade wat net bietjie meer stabiel is as gewone witsjokolade.”
Volgens haar kan jy hiermee op jou swartbordkoek skryf. “Neem jou candy melt, breek dit in twee en skryf met dit op jou swartbord-fondant,” vertel sy.

Koekedoor 2.8846





Mari-Louis neem dit egter een stappie verder en deel haar wenk met ons: “Jy kan die candy melts natuurlik ook smelt en in ’n dik strooitjie gooi. Breek dan die strooitjie oop en jy het jou bordkryt.”
Daar is soveel pret wat jy kan hê met jou gebak, met ’n verskeidenheid organiese produkte wat eetbaar is. Hou kyknet.tv/koekedoor dop om meer wenke van ons bobaas-bakkers te ontvang.