Monday 4 April 2016

MINI PIZZAS VIR DIE KOSBLIK




MINI PIZZAS VIR DIE KOSBLIK
Lewer ± 24 pizzas
BESTANDELE:
KORS:
750ml koekmeel...
15ml bakpoeier
250ml melk
100ml olie

Tamatiebasis
60ml tamatiesous
45ml warm water
45ml olie
HAWAISE BOLAAG:
250g Mozzarellakaas, gerasper
8 snye ham, gekap
1x 44og-blik pynappelstukke, gedreineer
sout, varsgemaalde peper en knoffel na smaak
METODE:
Meng die koekmeel en bakpoeier in ‘n mengbak en voeg die melk en olie by. Meng tot ‘n sagte deeg. Die deeg moet dieselfde tekstuur as brooddeeg hê.
As die mengsel te droog is, kan ‘n bietjie ekstra olie en melk bygevoeg word tot die deeg hanteerbaar is.
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n bakplaat.
Rol die deeg uit (so dun soos jy verkies) op ‘n werkoppervlakte wat liggies met meel bestrooi is en sny sirkels van ongeveer 5 tot 10cm in deursneë uit. Rangskik die sirkels op die voorbereide bakplaat.
Meng die tamatiesous, water en olie en smeer dit egalig oor die pizzabasisse.
Strooi die gekapte ham, speserye en pynappelstukke oor die deeg en bedek met die gerasperde mozzarellakaas.
Bak 10 tot 15 minute of tot goudbruin aan die onderkant.
Sit dadelik voor.
Bron:Radio Vryheid.