Monday 4 April 2016

MA SE WINTERSOP




MA SE WINTERSOP
500 g droë bruinlensies
1 blik (410 g) gekapte tamaties
2 ryp tamaties, gesny
2 aartappels, geskil en in stukke gesny...
2 uie, grof gekap
4 wortels, grof gekap
500 g beesstowevleis

50 g beesstertsoppoeier
2 L (8 k) water
sout en peper na smaak
METODE:
Spoel die lensies af en sit dit in ’n groot kastrol.
Sit al die bestanddele behalwe die beesstertpoeier, water, sout en peper in die kastrol.
Los die poeier op in ’n bietjie van die koue water en giet dit saam met die res van die water by die sopbestanddele.
Bring die sop tot kookpunt, verlaag en laat prut so 80 minute of tot gaar.
Maak van die groente effens fyn met ’n aartappeldrukker en geur die sop met sout en peper.
Bron: Huisgenoot