Monday, 4 April 2016

SKAAPVLEIS BREDIE IN DIE PRUTPOT




SKAAPVLEIS BREDIE IN DIE PRUTPOT
Neem 8 stukke skaap kookvleis [soos nek of blad stukke]
Rol in gegeurde meel.
Skil 3 aartappels en 3 wortels en sny in stukkies, skil ook 3 uie en sny in
ringe. ...
Plaas vleis onder in prutpot en pak groente bo-op en langs kante.

Strooi orige gegeurde meel bo-oor en pak 3 gesnyde ryp tamaties bo-op.
MENG DIE VOLGENDE SOUS EN GOOI BO-OOR
100 ml blatjang,
50 ml tamatiesous
200 ml warm water.
sprinkel sout en peper oor en plaas deksel op prutpot.
Stel op "Low" vir 7 ure. Bedien op wit rys.
Bron: Radio Namakwaland

No comments:

Post a Comment