Wednesday 6 April 2016

Mikrogolfmieliebrood




Mikrogolfmieliebrood

Maak 1 brood
bereiding: 5 minute
gaarmaaktyd: 12-15 minute...
4 eiers

125 ml (½ k) melk
125 ml (½ k) suiker
knippie sout
250 ml (1 k) mieliemeel
30 ml (2 e) koekmeel
7 ml (1½ t) bakpoeier
1 blik (410 g) suikermielies
1 blik (410 g) pitmielies,
gedreineer
30 ml (2 e) olie
paprika

Spuit ’n 28-cm silikoon-broodpan met kossproei. Voer die boom uit met kombuispapier.

Klits die eiers, melk, suiker en sout saam.
Sif die droë bestanddele saam en meng by die eiermengsel. Voeg die mielies en olie by en meng goed.
Giet die mengsel in die voorbereide broodpan en sprinkle paprika oor. Plaas die broodpan op ’n omgekeerde piering en mikrogolf 12-15 minute tot gaar.
Laat 10 minute in die pan afkoel en keer dan op ’n draadrak uit. Sit louwarm of koud
Huisgenoot