Tuesday 5 April 2016

LEMOEN SPONSKOEK




LEMOEN SPONSKOEK
2 eiers
10ml gerasperde lemoenskil
62,5ml melk
62,5 ml lemoensap...
425ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
200ml suiker
1ml sout
125ml botter of margarien
Voorverhit oond tot 180C. Sif droë bestanddele en voeg by res. Roer met ‘n houtlepel tot bestanddele goed gemeng is of klits 2 minute teen medium spoed met ‘n elektrise klitser. Skep in twee gesmeerde koekpanne, 220 mm in deursnee. Bak 30 minute.

Lemoenversiersel:
50ml margarien
5ml gerasperde lemoenskil
25ml suurlemoensap
50ml lemoensap
versiersuiker
knypie sout.
Meng bestanddele saam en versier koek daarmee.

Jy kan ook jou lemoen of suurlemoenkoek bak en LEMON CURD gebruik as versiersel