Thursday 21 April 2016

MEXIKAANSE HERDERSPASTEI




MEXIKAANSE HERDERSPASTEI

(4 porsies)...
6 geskilde aartappels in blokkies gesny
20ml olyfolie
1 ui gekap
500g maer beesmaalvleis

1 x 410g blikkies mekxikaanse styl tamaties
½ blikkie geroomde soetmielies
200ml gerasperde cheddar kaas
Sout en peper na smaak
Groente of groenslaai om mee voor te sit

Metode:
Voor verhit die oond tot 200°C. Kook die blokkies aartappel sag. Verhit die olyfolie in ‘n kastrol en soteer die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en roer tot die vleis verbruin. Gooi die tamaties by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 15min. Dreineer die aartappels en maak dit fyn. Roer die soetmielies en die meeste van die kaas by, (Hou ‘n bietjie oor die die bo laag) Geur na smaak. Skep die vleis in ‘n gesmeerde oondbak, met die fyn aartappels bo-op. Sprinkel die res van die kaas oor en bak tot goud bruin. Sit dit voor met groente of groenslaai.

Bron:
Idees