Thursday 21 April 2016

MAYONNAISE HOENDER




MAYONNAISE HOENDER

 Blitsvinnig en baie lekker....

250 ml mayonnaise
2 knoffelhuisies, fyngemaak
5 ml droë roosmaryn
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
6 hoender dytjies
50 g parmesaan kaas, gerasper

Meng die mayonnaise, roosmaryn, sout en peper saam in 'n mengbakkie. Plaas die hoenderstukke in 'n gesmeerde vlak oondvaste bak en smeer die mengsel bo-oor die hoender. Sprinkel die parmesaan bo-oor. Bak teen 160°C vir ongeveer 1 uur of tot die hoender deurgaar is. Bedien warm.
Lewer 6 Porsies * Per Porsie * 1033kJ * Total Fat 36g *
Protein 61g * Total Carbs 4.5g * Net Carbs 4.5g

LOW CARBS KOMBUIS