Monday 18 April 2016

Martie se omgee-sjokoladekoek met mokka-meringue en dadels




Martie se omgee-sjokoladekoek met mokka-meringue en dadels

Bestanddele
Dadelvulsel (ook lekker as ’n flan/randkoekvulsel)
Mokka-meringue
Sjokolade-botterversiersel
Sjokolade-ganache
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: koek
Instruksies
  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer drie laagkoekpanne en voer uit met bakpapier.
  2. Klits die eiergele en suiker tot lig. Meng kakao, kookwater, olie en geursel in ’n aparte bak en voeg by die eiermengsel.
  3. Sif die meel, 15 ml bakpoeier en sout en meng liggies by die nat mengsel in.
  4. Klits die eierwitte en 5 ml bakpoeier styf en vou by die mengsel in.
  5. Verdeel die beslag in die panne en bak vir 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  6. Laat die koeke in die panne afkoel en keer uit op ’n afkoelrak.
  7. Sny die bokante gelyk wanneer dit heeltemal koud is en behou die koeksnippers.
Dadelvulsel
  1. Sny dadels fyn en meng met suiker en kookwater en kook tot mengsel verdik.
  2. Klits eierwitte styf en vou saam met die neute by die dadelmengsel in. Laat afkoel voordat dit op koek gesmeer word.
Mokka-meringue
  1. Voorverhit oond tot 100°C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en trek ’n sirkel dieselfde grootte as die koek.
  2. Los die koffiepoeier op in die kookwater en voeg asyn by.
  3. In ’n skoon glasmengbak, klits eierwitte effe, voeg die sout by, klits dan 200 ml van suiker stadig by, dan die koffiemengsel, die bakpoeier gemeng met 50 ml suiker, en laastens die amandels. Klits tot styf en blink.
  4. Skep uit in die sirkel en maak gelyk. Bak 1 uur en laat laat in oond afkoel. Maak ook klein meringues om rondom die koek te pak en as versiering te gebruik.
Sjokolade-botterversiersel
  1. Sif die versiersuiker en kakao saam, voeg dit by die botter saam met die bietjie room en vanieljegeursel tot lig en donsig.
Sjokolade-ganache
  1. Verhit die room in ’n skoon, droë bak bo-op ’n kastrol kookwater en gooi sjokoladesplinters by. Roer sodra gesmelt is en klits tot helder en glansend. Laat afkoel tot geskikte dikte.
Sit aanmekaar
  1. Smeer dadelvulsel op onderste laag en plaas tweede laag op. Smeer dit met ’n lagie botterversiersel en plaas mokka-meringue-laag bo-op. Smeer met ’n laag botterversiersel om dit goed in posisie te hou. Plaas die derde koeklaag op. Giet die ganache oor die hele koek. Spuit rose met botterversiersel.
Idees vir garnering
  1. Skep sjokoladeversiersel in spuitsak met sterpunt en spuit sjokoladerosies.
  2. Ontpit ’n paar groot dadels en stop met amandels of kersies of sny dadels in die helfte en doop in sjokolade.
  3. Krummel die koeksnippers, meng met ’n bietjie botterversiersel en rol in truffels.
  4. Pak piepklein meringues tussendeur of plaas op die koekbord se rand.
  5. Rond af met vars pers viooltjies of ’n paar pers gesiggies.