Monday 18 April 2016

Anja se Victoriakoek met bloubessies en suurlemoen




Anja se Victoriakoek met bloubessies en suurlemoen

Bestanddele
Koek
Suikerstroop
Versiering: Makrolletjies (macarons)
Vulsel: Suurlemoen-makrolletjies
Vulsel: Bloubessie-makrolletjies
Suurlemoensmeer
Switserse vanieljeroom
PorsiesJy kan die aantal porsies hier aanpas: 20 cm-laagkoeke
Instruksies
Koek
  1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer twee koekpanne met botter en voer uit met bakpapier.
  2. Plaas botter, suiker, geursel en sout in die mengbak van ’n elektriese menger en verroom met die klitserhegstuk tot lig en romerig. Meng die eiers een vir een by. Skraap die kante van die bak ’n paar keer skoon.
  3. Sif die meel en bakpoeier saam. Gooi die helfte van die meelmengsel by die eiermengsel en hou aan klits. Vou die res van die meel- by die eiermengsel in. Vou laastens die bloubessies of suurlemoenskil in die mengsel.
  4. Verdeel die beslag tussen die panne. Bak 20-25 minute tot die koek goudkleurig is en terugwip wanneer jy liggies in die middel daarop druk. Keer op ’n draadrak uit.
  5. Smeer die koek met die suikerstroop en laat afkoel.
Suikerstroop
  1. Kook al die bestanddele saam tot suiker opgelos is en los eenkant tot nodig.
Versiering: Makrolletjies (macarons)
  1. Voorverhit die oond tot 150°C. Voer 2 bakplate met bakpapier uit.
  2. Sif die amandelmeel en die versiersuiker saam.
  3. Los die versiersuiker en die water in ’n kastrol oor matige hitte en kook tot 110°C.
  4. Klits die helfte van die eierwitte (100 g) tot tot naby stywepuntstadium.
  5. Kook die suikerstroop tot 118°C en haal af van die stoof.
  6. Voeg die warm suikerstroop by die geklitse eierwitte terwyl jy teen ’n hoëspoed aanhou klits. Hou aan teen die hoë spoed klits tot die bak nie meer warm is nie.
  7. Voeg die oorblywende eierwit en ’n derde van die amandelmeel by die styfgeklopte eierwitte in en meng liggies.
  8. Voeg die volgende derde van amandelmeel by en vou in. Voeg die laaste derde van amandelmeel by en vou liggies by – moenie te veel meng nie.
  9. Verdeel mengsel in twee. Voeg geel Rolkem-gel by die een mengsel en pers by die ander mengsel en vou liggies in.
  10. Spuit die makrolletjies op ’n pakplaat (verskillende groottes vir versiering). Tik ’n paar keer die bakplaat om die ligborrels na die oppervlakte te laat kom. Laat staan vir 15 minute.
  11. Bak een bakplaat op ’n slag vir 18 minute.
  12. Maak die oonddeur oop indien die voetjies van die makrolletjies te hoog raak. Koel af op draadrak.
Vulsel: Suurlemoen-makrolletjies
  1. Plaas die sjokolade in ’n glasbak.
  2. Verhit die suurlemoensmeer, gooi oor die sjokolade en meng tot heeltemal gesmelt. Laat heeltemal afkoel. Plak die geel makrolletjies opmekaar met die smeer.
Vulsel: Bloubessie-makrolletjies
  1. Plak die pers makrolletjies met die bessiekonfyt.
Suurlemoensmeer
  1. Meng al die bestanddele van die smeer saam in ’n hittebestande bak en plaas oor ’n kastrol met sag-pruttende water, sonder dat die bak aan die water raak.
  2. Roer aanhoudend tot die suiker opgelos het en die smeer begin dik word.
  3. Plaas eenkant om af te koel en bêre dan in die yskas.
Switserse vanieljeroom
  1. Plaas die suiker, sout en eierwitte in ‘n hittebestande bak en plaas oor ‘n kastrol met sag-pruttende water. Roer aanhoudend totdat die suiker opgelos is.
  2. Haal af van die hitte en klits 10 minute teen hoë spoed. Klits nou baie en voeg die botter stadig in klein hoeveelhede by. Verdeel die mengsel in twee en voeg pers Rolkem-kleursel by een helfte.
Sit aanmekaar
  1. Plaas die bloubessiekoek op die koekbord en smeer met vanieljeroom.
  2. Plaas nou die suurlemoenkoek bo-op en sit vanieljeroom, suurlemoensmeer en klein stukkies makrolletjies bo-op. Plaas die derde koeklaag bo-op en smeer met vanieljeroom. Plaas die laaste suurlemoenkoek bo-op.
  3. Spuit die kante van die koek met die die pers vanieljeroom tot in die helfte en spuit die wit vanieljeroom aan die boonste helfte en bo-op die koek. Skraap die koek aan die kante en bo-op gelyk. Plaas in die yskas vir 30 minute.
  4. Versier aan die bokant met makrolletjies wat gevul is soos verlang. Strooi stukkies macarons ook bo-oor vir ekstra tekstuur.