Wednesday 20 April 2016

Amor se vastrap-wildsvleis



Amor se vastrap-wildsvleis

Bestanddele

2 kg koedoe (verkieslik stukkies van die rib)
200 g varkspek (nie bacon nie), in blokkies gesny
½ koppie asyn
½ koppie water
8 naeltjies
2 lourierblare
8 peperkorrels
sout en peper
½ koppie rooiwyn
Metode
Plaas al die bestanddele, behalwe die wyn, in 'n swaarboompot.
Bring tot kookpunt, en prut vir 2 uur op lae hitte. (Of bring tot kookpunt, en bak vir 2 ure teen 160 grade)
Haal die vleis uit kastrol en verwyder die bene.
Pluis die vleis met 'n mes en vurk, en maak die varkspek fyner.
Voeg alles terug in die pot en voeg die wyn by.
Geur na smaak.
Bedien op kapokaartappels.