Thursday 14 April 2016

LEWER ROERBRAAI




LEWER ROERBRAAI

300 g lewer...
45 ml olie
100 g uie, in ringe gesny
50 g grasuie, gekap
100 g rooi soetrissies, in repe gesny
100 g groen soetrissie, in repe gesny
50 ml rooi wyn
15 ml soja sous

Maak die lewer skoon en sny in dunnerige repe. Verhit die olie in 'n braaipan en roerbraai die lewer vir ongeveer 90 sekondes tot net gaar - moenie te lank braai nie, dit word taai. Skep die lewer uit en hou eenkant. Plaas die uie, grasuie en soetrissies in die pan en braai tot sag. Voeg die rooi wyn en soja sous by en roer deur. Plaas die lewer terug in die pan, verhit vinnig en roer voor opdiening deur. Bedien op Kamma Rys of Kamma Pasta (nie ingereken nie).
6 Porsies * Per 130g Porsie * 739kJ * Total Fat 10g* Protein 14g *
Total Carbs 7.0g * Net Carbs 5.7g

LOW CARB KOMBUIS