Thursday 14 April 2016

LEWER KERRIE



LEWER KERRIE

500 g lewer
15 ml olie
2,5 ml fyn kaneel...
2,5 ml fyn naeltjies
1 ml gemmer
5 ml rissie poeier
15 ml matige kerrie
sout en peper na smaak
100 g uie, in ringe gesny
250 ml room
30 ml lemmetjie sap

Maak die lewer skoon en sny in dunnerige repe. Verhit die olie in 'n groot kastrol en voeg die kaneel, naeltjies, gemmer, rissie poeier en kerrie by. Roer goed deur. Voeg die uie by en braai tot sag. Voeg nou die lewer by en braai vir 1 minuut of tot gaar - moenie te gaar maak nie, dit raak taai. Voeg die room by en verhit op lae hitte tot warm. Roer die lemmetjiesap by en geur na smaak. Bedien op Kamma Rys of Kamma Pasta (nie ingereken nie).
6 Porsies * Per 120g Porsie * 823kJ * Total Fat 8g* Protein 23g *
Total Carbs 7.0g * Net Carbs 1.5g