Wednesday 13 April 2016

KORSLOSE GROENTE GEREG




KORSLOSE GROENTE GEREG
BENODIG:
500g gemengde groente (gevriesde groente sal ook werk)
1 ui gekap
5 repe spekvleis gesnipper...
250ml gerasperde kaas
125ml olie
2 eiers geklop
1 blik pitmielies gedreineer
125ml melk
Sout en peper na smaak
MAAK SO:
Meng al die bestanddele saam. Skep in 'n vuurvaste oond bak 200mm. Bak sowat 45 min in voorverhitte oond by 180°C. Sit warm of koud voor met braaivleis. Werk ook lekker as n groente by ete.