Wednesday 20 April 2016

Leon se middel-van-die-maand-maalvleisgereg




Leon se middel-van-die-maand-maalvleisgereg

Bestanddele

1 kg bees- of varkmaalvleis
1 medium ui, fyngekap
30 g botter
2 eetlepels olie
1 pak rou macaroni
1 blikkie gekapte tamaties
1 blikkie roommielies
2 koppies water
5 ml gemengde kruie
sout en peper
125 g gerasperde Cheddarkaas
Metode
Verhit die botter en 1 eetlepel van die olie in 'n pan.
Soteer die uie tot glaserig en haal dit uit die pan.
Voeg die res van die olie in die pan en braai die maalvleis tot bruin.
Haal die maalvleis uit die pan.
Voeg die macaroni onder in die pan en plaas die maalvleis bo-op.
Voeg die mielies en dan die tamaties bo-op die vleis.
Sprinkel die speserye en peper bo-oor.
Los die sout in die water op en gooi versigtig bo-oor alles.
Moenie roer nie.
Sit die pan se deksel op.
Sodra dit begin kook, stel die hitte laer en prut vir ongeveer 30 minute tot die macaroni gaar is.
Sprinkel die kaas bo-oor, sit die deksel op en prut vir 5 minute tot die kaas gesmelt het.