Wednesday, 20 April 2016

Koelsoem se Dhaltjies (Vetkoek met houding)



Koelsoem se Dhaltjies (Vetkoek met houding)

Bestanddele

1 koppie koekmeel
3 koppies ertjiemeel
1 ui, gekap
4 blare spinasie, in repies gesny
3 brandrissies
2 teelepels knoffel- en gemmersmeer
1 teelepel rissiepoeier
2 teelepels borrie
2 teelepels masala
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel komyn
2 teelepels leaf-masala
2 koppies water
olie
Metode
Meng al die bestanddele, behalwe die water en olie.
Voeg 1 koppie water by, en roer goed.
Voeg water by totdat die beslag van die houtlepel afdrup.
Bak lepels vol in warm olie, of plaas dit in 'n kolwyntjiepan en bak teen 180 grade.
Eet saam met sop.

No comments:

Post a Comment