Monday, 4 April 2016

Klaarstroom biltong-quiche




Klaarstroom biltong-quiche

 

 
Bestanddele
Kors
1 koppie koekmeel
1 koppie kaas, gerasper
125 g botter
Vulsel
100 g biltong, gekap
100 g sampioene, gekap
handvol gekapte pietersielie
1 koppie melk
4 eiers
1 teelepel mosterdpoeier
sout en peper
½ koppie bloukaas-slaaisous

Metode
Kors
Meng al die bestanddele en voer 'n tertpan daarmee uit.
Vulsel
Strooi die sampioene en biltong bo-op tertkors.
Klits die eiers, melk, mosterdpoeier, sout, peper en slaaisous saam.
Bedek die biltong en sampioene daarmee.
Strooi pietersielie oor.
Bak teen 180 grade vir 40 minute

No comments:

Post a Comment