Monday 4 April 2016

Glutenvrye energie-stafies vir die kosblik




Glutenvrye energie-stafies vir die kosblik
Bestanddele
1 koppie quinoa.
1 koppie amandels.
¼ koppie (± 62 ml) droë klapper.
1 koppie gedroogte appel, bosbessies en appelkose.
¼ koppie (± 62 ml) sonneblomsade.
¼ koppie (± 62 ml) pampoensade.
½ koppe (125 ml) vrugtesap.
3 eetlepels (45 ml) heuning.
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Voer ‘n bakplaat van 15 x 20 cm met bakpapier uit.
Plaas die quinoa en amandels op die bakplaat en rooster vir 5 minute.
Roer die klapper by en rooster vir nog 5 minute.
Plaas die geroosterde quinoa, amandels en droë klapper, asook die droë vrugte en sade in ‘n voedeselverwerker.
Verwerk tot grofgemaal.
Voeg die vrugtesap en heuning by die mengsel en meng todat die mengsel bymekaar kom.
Skep die mengsel op die bakplaat en versprei eweredig.
Druk stewig vas, bedek met kleefplastiek en verkoel oornag.
Sny in eweredige stafies en bêre in ‘n lugdigte houer in die yskas.