Monday 25 April 2016

KERRIE MAALVLEIS MET SKYFIES




KERRIE MAALVLEIS MET SKYFIES
15 ml olie
1 ui, gehalveer en fyn gesny
5 ml kerriepoeier
250 g beesmaalvleis...
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 blik (410 g) kerriegroente
2 aartappels, geskil en in skywe gesny
60 ml gerasperde cheddarkaas
Aartappel skyfies vir bo-op (klaar gaar)
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondvaste bak of vier individuele bakkies.
Verhit die olie en braai die ui tot sag.
Voeg die kerriepoeier by en roer oor die hitte tot geurig.
Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en braai tot bruin.
Geur met sout en peper na smaak.
Voeg die kerriegroente by en maak deurwarm.
Skep die vleismengsel in die gesmeerde bak of bakkies.
Pak die aartappelskyfies bo-op en sprinkel die kaas oor.
Bak vir 30 minute of tot die aartappel sag en die kaas goudbruin is.
Genoeg vir 4 mense.