Monday 25 April 2016

Pasta met gerookte hoender en broccoli




Pasta met gerookte hoender en broccoli

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute...
Oondtemperatuur: rooster

• 300 g rigatoni-pasta
• ’n klein kop broccoli, in boompies opgebreek
• 80 ml botter
• 80 ml koekmeel
• 650 ml melk
• 100 g cheddar, gerasper
• 2 gerookte hoenderborsfilette, opgesny
• 10 pikantrissies, middeldeur gesny
• 60 ml vars witbroodkrummels
• vars basilie vir garnering

1 Kook die pasta in ’n kastrol met gesoute kookwater en gooi die broccoli-boompies ná vyf minute by. Kook vir nog twee tot drie minute tot die pasta al dente is en dreineer dan.

2 Verhit intussen die botter in ’n kastrol. Roer die meel by. Voeg die melk bietjies-bietjies by en roer heeltyd tot verdik. Roer die helfte van die kaas by en geur na smaak.

3 Gooi oor die pasta en broccoli. Voeg die hoender en pikantrissies by. Skep in ’n oondbak. Strooi die krummels en orige kaas oor. Sit onder die warm element en rooster tot die bolaag bros is. Garneer met basilie en sit voor.
Idees