Friday 22 April 2016

“Kamp-snoek” op die kole”




“Kamp-snoek” op die kole”
Melt Sieberhagen wys jou hoe om vars snoek uit jou vrieskas moeiteloos oor ’n kampvuur voor te berei.

Bestanddele:
Vars Snoek (750g-1kg)

Sous
1 x Blikkie appelkooskonfyt (450g)
1 x Houer mayonnaise (800ml)
1 x Blok botter (500g)
1 x Groot suurlemoen
Baie vars knoffel!

Metode:
Stap 1: Kry ’n vuur aan die gang.
Stap 2: Voeg die hele blok botter in ’n pot
Stap 3: Sny suurlemoen in die helfte en druk suurlemoen-sap uit oor botter.
Stap 4: Voeg al die mayonnaise en appelkooskonfyt by.
Stap 5: Plaas pot op rooster om warm te word en meng al die bestanddele goed tot loperig.
Stap 6: Vlek snoek oop op ’n toeknyprooster en verf sous op beide kante tot goed bedek.
Stap 7: Plaas die snoek op rooster vir 4 minute (op die kant van die vel) en dan weer 2 minute op die ander kant.
Stap 8: Smeer die sous deeglik oor die snoek met groot kwashale terwyl dit braai.
Stap 9: Draai die snoek om en braai op die kant van die vel vir nog 3 tot 5 minute.
 
Opdieningsvoorstel: Bedien terwyl dit nog warm is! Sit die snoek met enige slaai of groente voor.