Wednesday 20 April 2016

Kaas-en-uie-wafels met spek en eier




Kaas-en-uie-wafels met spek en eier

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd:
45 minute
Gaarmaaktyd:
omtrent 40 minute

• 320 g (590 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 2 groot eiers
• 500 ml melk
• 120 g (130 ml) botter, gesmelt
• 250 ml beleë cheddarkaas
• 1 rooi-ui, in dun ringe gesny
• 2 jalapeño-rissies, fyngekap (opsioneel)
• 4-6 groot eiers, gebak, om voor te sit
• 250 g streepspek, gebraai, om voor te sit
• pangebraaide of oondgeroosterde kersietamaties en bruin sampioene, om voor te sit

1 Klits die meel, bakpoeier en 3 ml sout saam. Klits die eiers in ’n ander bak, voeg die melk by en klits dit tot dit glad is. Klits die gesmelte botter in ’n dun straaltjie by. Roer dan die kaas, uie en jalapeño- rissies by, indien jy dit gebruik.

2 Voeg die meelmengsel by en vou dit in tot al die bestanddele ingemeng is.

3 Verhit ’n wafelpan. Skep van die wafelbeslag in wanneer die pan warm is en maak dit toe. Maak dit gaar tot die wafel goudbruin is (sonder om die wafelpan oop te maak). Haal die wafel uit die pan en sit dit eenkant. Herhaal die proses met die orige beslag. (Hou die gaar wafels in ’n verhitte oond tot al die beslag opgebruik is.)

4 Sit die wafels voor met gebakte eiers, bros spek, gebraaide tama- ties en sampioene bo-op geskep.