Wednesday 20 April 2016

Gebakte kaaskoek



Gebakte kaaskoek

Genoeg vir: 1 koek
Bereidingstyd: 40 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 60 minute
Kors• 1 pakkie (300 g) beskuitjies
• 100 g botter, gesmelt
• 5 ml gerasperde suurlemoenskil
Vulsel• 500 g roomkaas
• 2,5 ml vanieljegeursel
• sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 3 eiers, geskei
• 150 ml strooisuiker
• 30 ml mielieblom
• 150 ml suurroom
Suurlemoenbolaag• 45 g botter
• 100 g strooisuiker
• 1 eier, geklop
• 5 ml gerasperde suurlemoenskil
• 10 ml suurlemoensap
Metode:
1. Berei kors Meng al die bestanddele en druk dit op die bodem en effens teen die kante van ’n losboomkoekpan of oondvaste tertbak vas. Plaas in die yskas terwyl jy die vulsel berei, óf bak dit vir sowat 10 minute in ’n voorverhitte oond teen 180 °C.
TUIS/HOME
2. Berei vulsel Klop die roomkaas, geursel en suurlemoensap en -skil tot glad. Voeg die eiergele, 60 ml strooisuiker, mielieblom en suurroom by en klop tot goed gemeng. Klop die eierwitte styf, voeg die res van die suiker by en klop tot glad en blink. Vou dit by die roomkaasmengsel in. Skep dit op die kors en maak die oppervlak gelyk. Verlaag die oondtemperatuur na 170 °C en bak vir sowat 55-60 minute of tot goudbruin. Die middel sal nog effens loperig wees, maar dit sal stol met die afkoel. Skakel die oond af en laat die kaaskoek in die oond afkoel.
TUIS/HOME
3. Berei suurlemoenbolaag Meng al die bestanddele in ’n glasmengbak oor ’n kastrol met warm water. Roer deurgaans oor warm water totdat die suurlemoenbolaag ’n lagie op die agterkant van ’n lepel vorm. Verwyder van die hitte en laat dit afkoel.
TUIS/HOME
4. Smeer die suurlemoenbolaag oor die kaaskoek. Verkoel in die yskas vir 4-12 uur voordat jy dit voorsit.
TUIS/HOME