Friday 22 April 2016

Caprice-slaai met gebraaide eiervrug



Caprice-slaai met gebraaide eiervrug
Dié slaai van Marisa Drummond het ’n interessante kinkel.
Bestanddele:
• 4 x Tamaties
• Groot bal mozzarella
• Vars basililiekruid-blare (12/16)
• 1 x Eetlepel olyfolie
• 1 x Groot eiervrug
• 1 x Koppie meel
• 2 x Eiers – lig geklits
• 1 x Koppie broodkrummels
Sous:
• 4 x Eetlepels olyfolie
• 2 x Eetlepels balsamiese asyn
• Sout en growwe peper na smaak
Metode:
Stap 1: Sny die tamaties, eiervrug en die mozzarella in klein skywe (net kleiner as 1 cm dik). Was die basiliekruid-blare en druk droog met papierhanddoek. Hou eenkant.
Stap 2: Verhit ’n pan (op die vuur) en voeg 1 eetlepel olyfolie by.
Stap 3: Berei die eiervrug-skywe voor. Bedek eers in meel en dan eier. Skud oorblywende meel en eier af en bedek dan die eiervrug met die broodkrummels.
Stap 4: Wanneer die pan warm is, braai die eiervrug vir sowat 3 minute aan albei kante totdat dit ’n ligbruin kleur kry.
Stap 5: Verwyder die eiervrug en laat enige oorblywende olie afdrip op ’n stuk papierhanddoek.
Stap 6: Meng die al sous se bestanddele saam in ’n bak. Klop tot goed gemeng.
Stap 7: Proe en pas mengsel aan tot smaak.
Stap 8: Net voor opdis-tyd, bou “torings” met die tamatie, mozzarella, eiervrug en
Basiliekruid-blare. Herhaal 3 keer met eweredige geboude torings op elke bord.
Stap 9: Gooi die sous oor al die torings.

Opdieningsvoorstel:
Geniet alleen of sit voor saam met André se Potjie!