Wednesday, 13 April 2016

Gesondheidsbeskuit met sonneblomsaad



Gesondheidsbeskuit met sonneblomsaad


• 700 g (5 x 250 ml) koekmeel
• 600g (4 x 250 ml) volkoringmeel
• 50 ml bakpoeier
• 5 ml sout
• 500 g botter, in blokkies gesny
• 500 ml sonneblomsaad
• 2 eiers, geklits
• 250 ml karamelsuiker
• 250 ml witsuiker
• 500 ml karringmelk
• 10 ml koeksoda
 
1. Meng die twee soorte meel, bakpoeier en sout saam.
2. Vryf die botter in die droë bestanddele. Voeg die sonneblomsaad by.
3. Klits die eiers, karamelsuiker, witsuiker en karringmelk totdat die
suiker opgelos is.
4. Blus die koeksoda in ’n bietjie melk en voeg dit by die
eiermengsel. Voeg die vloeistof by die droë bestanddele en meng.
5. Verdeel die deeg tussen twee gesmeerde oondpanne.
Bak in ’n voorverhitte oond vir sowat 45 minute tot goudbruin
en gaar. Sny in stukkies en droog in ’n koel oond teen 100 °C uit.
Pak in lugdigte houers.

No comments:

Post a Comment