Friday 22 April 2016

Gemarineerde beesvleis-en-soetrissiesosaties



Gemarineerde beesvleis-en-soetrissiesosaties
Arno Greeff se sosaties is ’n eenvoudige, sappige maaltyd.
Bestandele:
  • 1kg Beeslende/kruis (gesny in blokkies)
  • 4 x Uie gesny in blokkies
  • 2 x Pakkies spek (gesny in blokkies)
  • 2 x Koppies witwyn
  • 1 x Koppie tamatiesap
  • 6 x Eetlepels Worcestersous
  • Sout & peper
  • Rooi & groen soetrissies
  • Sosatiestokkies
Metode:
Stap 1: In ’n bak, meng die witwyn, tamatiesap en Worcestersous saam.
Stap 2: Week die vleis in die marinade vir ongeveer 30 – 40 min.
Stap 3: Pak die blokkies vleis, uie en soetrissies styf teen mekaar op die sosatiestokkies.
Stap 4: Plaas op warm braai.
Stap 5: Marineer gereeld die sosaties en braai volgens smaak.
Opdieningsvoorstel: Berei Griekse slaaitjie voor om saam voor te sit.