Friday 22 April 2016

Beesvleispotjie



Beesvleispotjie
Carmen van der Merwe wys vir ons hoe om haar smullekker beesvleispotjie te maak.
Bestandele:
  • 2kg Beesvleis
  • Potjiegroente (Klaar geskil en gesny)
  • 2 x Uie (nie te fyn gesny nie)
  • Sampioen- of bruin uiesop
  • Gemengde kruie
  • Sout & peper
  • 2 x Beesvleisaftreksel
  • Sonneblomolie
  • Aartappels
Metode:
Stap 1: Wanneer die pot warm is, gooi die sonneblomolie in. Voeg die uie by die olie.
Stap 2: Wanneer die uie mooi en bruin is, voeg die beesvleis by en voeg bietjie water by.
Stap 3: Wanneer die beesvleis halfpad gekook is, voeg die aartappels by. Voeg nog water by en laat die aartappels vir +/-30 minute kook (of totdat die aartappels halfgaar is).
Stap 4: Voeg die res van die groente by, een teelepel gemengde speserye, asook sout en peper na smaak.
Stap 5: Voeg beesvleisaftreksel by indien jy die potjie sous bietjie wil verdik.
Stap 6: Voeg sampioene by, bedek die potjie met ’n deksel en laat dit kook vir ’n laaste paar minute tot sag.