Friday 22 April 2016

Andre se watertand-hoenderpotjie




Andre se watertand-hoenderpotjie

Hier is die resep vir Andre Lotter se soet hoenderpotjie vir die hele gesin.
Bestanddele:
• 2 x Hoenderbredie-pakkies
• 1 x Soetrissie
• 3 x Medium uie
• 1 x Pakkie vars knopiesampioene
• Sout en peper
• 12.5 ml Knoffelvlokkies
• 1 x Pakkie bruin-uiesoppoeier
• 50bg Botter/margarien
• 8 x Klein aartappels
• 2 x Tamaties
• 8 x Medium wortels
• 1 x Pakkie vars murgpampoentjies
• 350bg Geblikte pynappelstukkies
• 12.5bml Gemengde kruie
• 12.5bml Gemenge speserye
• 250bml Coca-Cola
Metode:
Stap 1: Verhit die pot op die braai.
Stap 2: Kap die soetrissie, uie, tamaties, wortels en murgpampoentjies in stukke.
Stap 3: Sit botter in die warm pot. Voeg die tamatie, uie en soetrissie by die botter en roer.
Stap 4: Wanneer die mengsel sag gekook is, voeg die kruie en speserye by. Roer, bedek met deksel en laat dit vir 5 minute prut.
Stap 5: Voeg die hoender by die pot. Gooi knoffel in en roer deeglik.
Stap 6: Gooi 250 ml Coca-Cola by.
Stap 7: Dreineer die geblikte pynappelstukkies. Gebruik die oorblywende pynappelsap en meng dit met die bruin-uiesoppoeier.
Stap 8: Voeg die aartappels en die wortels by die pot. Moet NIE die pot roer nie.
Stap 9: Bedek die pot met ’n deksel en laat die pot kook totdat aartappels en wortels sag is.
Stap 10: Nadat jy die wortels en aartappels met ’n vurk getoets het, en dit is sag, voeg die murgsampioene, knopiesampioene en stukkies pynappel by.
Stap 11: Bedek pot met deksel en laat dit kook vir 15 minute.
Stap 12: Gooi die bruin-uiesopmengsel by die pot. Laat die pot kook vir 5 minute.
Opdieningsvoorstel: Geniet saam met stampmielies of rys.