Wednesday 20 April 2016

DADEL BLOKKIES MET 'N TWIST




DADEL BLOKKIES MET 'N TWIST
RESEP500 g Rama of Stork bake
1 kg Versiersuiker
500 g Dadels - gekap
60 ml Kakao (opsioneel)
2 ml Kaneel
160 g Klapper
4 Eiers
10 ml Vanielje geursel
¼ t Sout
250 g Marie koekies - grof gekap
150 g Rice krispies

*Indien jy nie die Rice krispie weergawe wil maak nie, gebruik 400 g Marie koekies. 


METODE

1. Smelt die botter en versiersuiker oor lae hitte, dit moenie kook nie.

2. Voeg die dadels, kakao, kaneel, klapper by die mengsel en kook vir 3 - 5 minute saam oor medium hitte.


3. Klits die eiers, vanielje en sout saam en voeg by die gekookte mengsel. Moenie bang wees dat die eiers sal skif nie, dit klits perfek deur sonder om te skei.


4. Voeg die koekies en rice krispies by en meng goed deur. Plaas in ‘n gesmeerde pan wat goed gesprinkel is met ekstra klapper sodat die koekies maklik kan uitkom. Die mates van my groot beskuit pan is 30 cm x 45 cm pan en druk plat in pan en laat eers buite afkoel. Daarna sny in vingers binne in die pan. Plaas in yskas om verder te set voordat jy die blokkies skei en dan in ‘n bak met lae waspapier pak. Hou in die yskas of vrieskas. 


5. In die vrieskas hou die blokkies maande!


HOEVEELHEID: 100 blokkies.


BRON: Annelien Pienaar