Thursday 21 April 2016

Boontjiesop




BOONTJIESOP
Resep
2k Suiker bone, droog
2 Uie, grof gekap
8k Koue water
250g Spek vleis of beesskenkel
2k Melk
1 pakkie Beesstertsop
2e Suurlemoensap
Sout en peper na smaak

Metode:
1. Verwyder eers alle onsuiwerhede in die bone en was dit voordat dit oornag in koue water geweek word.

2. Gooi die water die volgende dag af, spoel bone weer, en vul kastrol waarin jy die bone gaan kook weer met nuwe vars koue water.

3. Verhit die bone en kook stadig tot dit kook en voeg die spek by. Laat vir 1 uur kook.

4. Voeg die uie by en kook nog 'n uur.

5. Druk die bone met 'n masher effens fyn, of soos jy daarvan hou.

6. Verhit weer totdat die sop kook en voeg geurmiddels by.

7. Verdik die sop met die aangemaakte beesstert sop en melk, laat opkook en bedien met tuisgbakte bruibrood en varkvet.

Lewer: 6 porsies

Bron: Hantie Bezuidenhout