Friday 8 April 2016

Corné se frikadel-pasta



Corné se frikadel-pasta

Bestanddele

500 g maalvleis
1 sny witbrood
bietjie melk
1 eier
sout en peper
handvol vars basiliekruid, gekap
½ ui, gerasper
2 blikkies tamatiesmoor
1 pakkie sampioene, gekap
handvol rosatamaties, in helfte gesny
pasta van jou keuse
125 ml room
Metode
Week die brood in melk, en meng dit met die maalvleis.
Klits die eier, en voegdie  sout, peper, ui en helfte van die basiliekruid by.
Meng dit met die maalvleis, en vorm bolletjies.
Bak dit in olie tot gaar.
Voeg die tamatiesmoor, sampioene, tamaties en die res van die basiliekruid in 'n kastrol.
Bring tot kookpunt, en prut vir 10 minute.
Kook die pasta tot gaar, en ror die frikadelle, sous en room by.