Friday 22 April 2016

Braaihoender met mielies en waatlemoen-slaai



Braaihoender met mielies en waatlemoen-slaai
Probeer gerus die aktrise Bertha le Roux se geurige braaihoender-resep met gebraaide mielies en ’n ligte slaai.
Braaihoender
Bestanddele:
1 x Ontbeende heel hoender
Marinade:
250ml gewone vetvrye Griekse jogurt
20ml Knoffelvlokkies (gerehidreer in kookwater en gedreineer)
6ml Peri Peri
20ml Koljander
20ml Komyn
30ml Garam Masala
Metode:
Stap 1: Vir die marinade, meng al die bestanddele saam. Marineer dan die hoender vir ten minste 20 minute.
Stap 2: Braai die hoender oor medium tot warm kole vir 25-35min. Draai gereeld tot deur gekook.
Mielies op die Braai:
Bestanddele:
8 x Mielies
Foelie
Botter
Suurlemoensap
Sout & Peper na smaak
Metode:
Stap 1: Versprei die botter op die mielies en gooi suurlemoensap oor. Voeg sout en peper by.
Stap 2: Maak die mielies in die foelie toe. Die mielies moet heeltemal bedek wees.
Stap 3: Plaas die mielies op die vuur totdat dit gekook is.
Waatlemoen-slaai
Bestanddele:
1 x Klein waterlemoen gesny in skywe (sowat 1.27cm dik)
2 x Eetlepels gekerfde mint
½ Koppie feta
Die sap van twee lemmetjies
2 x Eetlepels warm heuning
Opdieningsvoorstel: Geniet saam met stampmielies of rys.