Friday 22 April 2016

Biltongpotjie




Biltongpotjie
Dié luukse potjie van Abel Knobel het ’n smaaklike geur.
Bestanddele:
3 x Uie (in blokkies gesny)
2 x Pakkies/250g sampioene
2 x Blikkies geroomde sampioene
300g Biltong
2 x Blikkies suikermielies

2 x Pakkies noedels (klaar gekook)
1 x Groen brandrissie
2 x Pakkies wit- kaassous
2 x Koppies gerasperde Cheddar-kaas
Botter
Metode:
Stap 1: Gooi die botter in die pot. Braai die uie en die sampioene in die botter.
Stap 2: Voeg die groen brandrissie, suikermielies en biltong by.
Stap 3: Voeg die noedels by en gooi die sous in.
Stap 4: Gooi die kaas bo-oor en hou die pot oor stadige kole totdat die kaas gesmelt het.
Opdieningsvoorstel: Geniet saam met Stampmielies of ry.