Friday 1 April 2016

Beste Knoffelbrood




Beste Knoffelbrood
.
200 g (215 ml) sagte botter
1 hand vol gemengde vars kruie, fyngekap
6 knoffelhuisies, fyngekap...
1 groot ovaal brood
1 x 250 g-pakkie rugspek, fyngekap
200 g verouderde cheddarkaas, in skywe gesny
6 roosmaryntakkies
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die oond tot 200 °C. Plaas die botter, kruie en knoffel in ’n voedselverwerker en pols dit teen ’n hoë spoed tot ’n gladde mengsel.
Gebruik ’n skerp broodmes en maak 1 cm-insnydings in die brood. (Moenie regdeur sny nie.)
Smeer van die kruiebotter tussen elke sny – moenie suinig wees nie; gebruik alles.
Druk spek en kaas tussen elke sny in. Druk hier en daar ’n takkie roosmaryn in. Geur goed met sout en peper.
Draai die brood in tinfoelie toe en plaas in die warm oond.
Bak genoeg vir 6 15–20 minute of tot die spek gaar is.
Hou warm tot opdiening.
WENK: Gebruik te alle tye vars knoffel vir enige iets wat julle maak.