Wednesday 20 April 2016

Aartappel-en-wortelbredie met lamsribbetjie




Aartappel-en-wortelbredie met lamsribbetjie
Gebruik vleis met ’n bietjie vet aan, soos ribbetjie of nek.
■ 800 g lamsribbetjie...
■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
■ 30 ml gemaalde koljander

■ 30 ml olie
■ Water
■ 600 g baba-aartappels, gehalveer
■ 6 groot wortels, geskraap en in stukkies gesny
Geur die lamsribbetjie goed met sout, peper en koljander. Verhit die olie en braai die ribbetjie oor matige hitte tot bruin.
Voeg genoeg water by om die ribbetjies goed te bedek, verlaag die temperatuur en prut stadig oor lae hitte tot die ribbetjies sag is. Voeg die aartappels by, bedek en prut vir 20 minute.
Voeg die wortels by, roer deur en prut vir nog 10-15 minute. Proe vir geur en sit voor. Lewer 4-6 porsies.