Wednesday 20 April 2016

Ontbytmuffins met spek, kaas, groenvye




Ontbytmuffins met spek, kaas, groenvye

 Die beslag is genoeg vir 12 standaardgrootte muffins – heerlik vir ontbyt of vir die piekniekmandjie.

■ Halwe pak (125 g) spekvleis, baie fyn gesnipper
■ 1 ui, baie fyn gekap...
■ 560 ml koekmeel
■ 15 ml bakpoeier
■ 3 ml koeksoda

■ 3 ml sout
■ 30 ml fyngekapte, vars tiemieblaartjies
■ 2 eiers, geklits
■ 80 ml melk
■ 250 ml natuurlike, ongegeurde jogurt
■ 1 wiel fetakaas, fyn gekrummel
■ 60 ml fyngerasperde parmesaankaas
■ 3-6 ingelegde groenvye in stroop
■ Swartpeper om oor te maal
■ Ekstra takkies tiemie

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer die holtes van ’n muffinpan goed met olie. Braai die spek en ui saam. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n mengbak. Voeg die tiemie by en meng deur. Klits die eiers, melk en jogurt saam in ’n ander bak. Roer die feta- en parmesaankaas by en voeg die jogurtmengsel by die droë bestanddele. Roer tot die bestanddele net gemeng is. Skep in die voorbereide pan. Sny die groenvye in skywe en sit ’n stukkie groenvy bo-op elke muffin. Drup ’n paar druppels van die stroop waarin die vye ingelê is oor elke stukkie vy.
Maal swartpeper bo-oor en rond af met ’n vars tiemietakkie of twee. Bak vir ongeveer 20 minute (vir standaardgrootte muffins) of 30 minute (vir reusemuffins) tot goudbruin en deurgaar. (As jy onseker is, druk ’n sosatiestokke in die middel van ’n muffin – as dit skoon uitkom, is die muffins gaar.) Sit die muffins louwarm voor met botter en kaas. Lewer 6 groot of 12 standaardgrootte muffins.